Namib Queens is nuwe Afrika Hokkie 5-kampioene

Die Namibiese senior vrouehokkiespan, die Namib Queens is die Afrika Hokkie 5-kampioene. Hulle het vandag vir Zambië met 2-1 in Ismailia, Egipte geklop en die gouemedalje losgeslaan. Die hokkiespan het reeds vir die Wêreldbekertoernooi 2024 in Muskat, Oman, gekwalifiseer. Die span het net een wedstryd teen Kenia in die toernooi verloor. Afrigter Edwin Handura gesels vanuit Ismaila met Kosmos 94.1 Nuus.