Namib Mills: Namibië se landbou vaar nie te sleg

Reaksie is ontvang van die uitvoerende hoof van Namib Mills, Ian Collard oor ‘n landbou-opname deur Statistieke Suid-Afrika wat die verkope van landbouprodukte in Suid-Afrika tussen 2017 en 2019 dopgehou het. Dit toon dat die sektor se inkomste met 37,4 miljard Namibiese dollar tot 351,4 miljard Namibiese dollar gestyg het. Dit toon ook dat hoendervleis 10 persent van Suid-Afrika se landbou-inkomste beloop. Die verkope van diere- en verwante produkte dra die meeste tot die sektor se inkomste by wat met byna 40 miljard Namibiese dollar toegeneem het. Die tweede grootste bydrae is gelewer deur tuinbou-produkte soos druiwe, groente en sade. Collard het aan Kosmos 94.1 nuus gesê dat Namibië ook nie te sleg vaar nie.