Namib Mills het tans genoeg koring – geen rede tot kommer nie

Tekorte aan koringvoorrade wek kommer regoor die wêreld, veral vir kleiner markte soos Namibië. Daar is ook uitdagings met laer oeste in Suid-Amerika sowel as in China en Indië en tot op hede kon die koring van die Oekraïne nog nie die land verlaat nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, uitvoerende hoof van die NMI Groep gepraat oor hulle uitdagings. Hy sê in tye soos die moet mens wakker wees.