Namfisa wil tegnologie inspan vir openbare deelname op NSX

Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa wil tegnologie inspan om openbare deelname op die Namibiese Aandelebeurs, die NSX,  te stimuleer. Dit kom te midde van kommer dat die NSX steeds deur lae handelsvolumes geteister word, al is dit die derde grootste beurs op die Afrika-vasteland. Namfisa se adjunk- uitvoerende direkteur Erna Motinga,sê die organisasie hoop dat sy FinTech Square-inisiatief oplossings kan bied oor hoe openbare deelname op die plaaslike beurs verhoog kan word.