Namfisa wil krediet-wet ontwerp, implementeer

Die toesighoudende owerheid vir finansiële instellings, Namfisa, gaan ‘n wetsontwerp op verbruikerskrediet daarstel wat ten doel sal hê om regulering en toesig oor dienste wat deur kredietverskaffers, kredietburo’s en skuldinvorderaars verskaf word, te verseker. Die owerheid soek billike, deursigtige en verantwoordelike markgedrag in die verbruikerskredietmark. Die wetsontwerp sal van toepassing wees op alle soorte krediet en sal die minister en reguleerders in staat sal stel om die sektor beter te reguleer. Klein kredietverskaffers word nie van die wetsontwerp vrygestel nie en daar is geen minimum drempel vir registrasie nie, dit wil sê, in terme van ‘n minimum hoeveelheid krediet wat verleen is of ‘n minimum aantal kredietooreenkomste wat aangegaan is. Dit sal die minister en die verbruikerskredietreguleerders bemagtig om regulasies en standaarde daar te stel vir die behoorlike implementering van die wetsontwerp. Die verbruikerskredietreguleerders is Namfisa self, wat toesig hou oor kredietverskaffers in die nie-bankwese sektor, sowel as kredietburo’s en skuldinvorderaars, en die Bank van Namibië vir kredietverskaffers in die bankwese.