Namfisa sê beleggingsbestuurders skep 7 700 werksgeleenthede

Die Namibiese beleggingsbestuursektor het meer as 7 700 werksgeleenthede in die 12 maande tot 31 Maart vanjaar, geskep. Dit is volgens die jongste syfers wat deur Namfisa bekend gemaak is. Kenneth Matomola, Namfisa se hoof uitvoerende beampte, sê die tydperk onder oorsig het ‘n toename in werksgeleenthede geskep deur beleggings in ongenoteerde maatskappye, wat in lyn is met die nasionale beleidsdoelwitte om volhoubare werksgeleenthede vir Namibiërs te skep. Net minder as 5 900 van die poste is permanent met net meer as 1 800 wat tydelik is. Pensioenfondse en kollektiewe beleggingskemas is volgens Matomola verantwoordelik vir die grootste deel van bates onder bestuur met onderskeidelik 51,4 persent en 27,1 persent.