Namfisa: Pensioenfondses sal aan begunstigdes uitbetaal word

Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, verseker dat pensioenvoordele aan die begunstigdes van afgestorwe pensioenfondslede uitbetaal sal word. Volgens wet word vereis dat ‘n proses deur pensioenfondse gevolg word oor die wyse van verdeling van die voordele na die dood van ‘n lid wat behels dat afhanklikes en genomineerdes van lede opgespoor word. Indien die pensioenfonds versuim om enige afhanklikes of genomineerdes binne ‘n tydperk van 12 maande op te spoor, sal die balans in die fonds met betrekking tot daardie lid aan die lid se boedel betaal word. Kenneth Matomola, uitvoerende hoof van Namfisa, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.