Namfisa kyk na nuwe landbou-versekering

Die Namibiese finansiële regulerings owerheid, bekend as Namfisa, het ‘n werkswinkel gehou om ‘n nuwe landbou indeks gebaseerde versekering vir Namibië te bespreek. Die tipe versekering betaal verliese uit volgens ‘n wetenskaplik bepaalde indeks van omgewingstoestande en het groot sukses in verskeie dele van die wêreld reeds behaal. Namfisa se Bestuurder vir Korporatiewe Kommunikasie Victoria Muranda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…