Namfisa beveel uitbetaling van N$2,2m aan die publiek na klagtes

Nadat klagtes van finansiële-dienste-kliënte tussen Januarie en Maart vanjaar ontvang is, het die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings, Namfisa, beveel dat meer as 2,2 miljoen Namibiese dollar in hul rekeninge teruggeplaas word. Die beskuldigings was meestal gerig teen die lang termyn- en kort termyn-versekerings-bedrywe, sowel as pensioenfondse en die mikrolenings- en krediet-ooreenkomste-bedrywe. Die meerderheid van die klagtes is vreedsaam opgelos, volgens Kenneth Matomola, hoof uitvoerende beampte van Namfisa. Hy sê die totale bedrag wat aan klaers betaal is as gevolg van Namfisa se ingryping, het aansienlik met sowat 1,77 miljoen dollar toegeneem tot meer as 2,2 miljoen dollar gedurende die kwartaal geëindig 31 Maart. Die owerheid se woordvoerder, Victoria Muranda het meer.