Namdia maak groot skenking aan gesondheidsministrie

Namdia, het sy grootste skenking nog aan die land gemaak met ‘n bedrag van 7,6 miljoen Namibiese doller om die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste te help met suurstofvoorsiening in die lig van die Covid-19-pandemie. Kennedy Hamuntenya, die uitvoerende hoof van Namdia, het tydens die skenking gesê dat 2021 een van die moeilikste jare was wat Namibiërs in die gesig gestaar het weens die groot aantal sterftes wat die koronavirus veroorsaak het. Volgens Hamutenya het hy met sommige dokters gepraat veral in die Hardap -streek, waar suurstof baie nodig is.