Namcor vol vertroue oor olie-eksplorasie in Namibië

Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, is vol vertroue dat olie binnekort in Namibië ontdek sal word. Die besturende direkteur, Immanuel Mulunga, het by die Afrika Energieweek wat tans in Kaapstad plaasvind, gesê die toekoms vir Namibië lyk belowend in die olie- en gasbedryf. Mulunga het bygevoeg dat die die Kanadese oliemaatmaatskappy Recon Africa in die eerste kwartaal van 2022 vir olie in die Noordooste sal begin boor. Shell en Total Energy gaan ook volgende maand boorwerk in die Oranje-kom begin doen.