Namcor se heffings op brandstof moet permanent verwyder word
Namcor sê hy verwag inkomste van tot 5,6 miljard Namibiese dollar tydens die piek van olieproduksie in die land. Die maatskappy presteer redelik goed en het ook die kleinhandelsektor in brandstof betree, terwyl hy die ook reguleerder is. Namcor onvtang normaalweg heffings per liter brandstof wat verkoop word, en lynminister Tom Alweendo het in September verlede jaar gesê hy oorweeg om die heffings heeltemal te staak, veral omdat Namcor 10 persent aandeelhouding in al die eksplorasielisensies het. Die skaduminister van die PDM Nico Smit sê dit maak sin omdat daar verligting in die privaatsektor sal wees wat op sy beurt, ekonomiese aktiwiteit ‘n hupstoot sal gee.