Namcor: Geen paniek nodig oor diesel

Na aanleiding van verlede week se klagtes dat daar geen diesel by die Walvisbaai-hawe is nie, is dit deur Cedric Willemse, die waarnemende uitvoerende hoof van voorsiening en logistiek by Namcor, ontken, wat ook verduidelik het hulle verwag dat ‘n vragskip met diesel by die hawe sal aandoen. Willemse gee aan Kosmos 94.1 Nuus die jongste oor die verwagte vragskip en die stand van diesel in die land.

Willemse sê daar is hoegenaamd geen rede tot paniek nie.