Namcor en eksplorasievennote gaan aflandig begin boor

Namcor, saam met sy eksplorasievennote Impact Oil & Gas, TotalEnergies EP Namibia en QatarEnergy begin met die booroperasie, genaamd ‘spudding’, van die Venus – 1X eksplorasieput in Blok 2913B, aflandig in die Atlantiese Oseaan langs die Namibiese kus. Volgens Namcor is dit ‘n mylpaal vir hulle en die land as geheel. ‘Spudding’ is die term wat gebruik word wanneer die werklike booroperasie van ‘n put begin het. Dit is ‘n uiters komplekse taak wat gesofistikeerde tegnologie en masjinerie behels om ‘n put te boor. Immanuel Mulunga, Namcor se besturende direkteur, sê Kosmos 94.1 Nuus Namcor sien uit na die uitslae wat dit sal oplewer.