Nambiese rolprent Kapana op internasionale filmfees vereer

Groot eer het die Namibiese rolprent Kapana te beurt geval toe dit ‘n internasionale prys op die vyfde Amerikaanse DC Swartfilmfees in Washington DC gewen het. Kapana is deur die Ombetja Yehinga-organisasie vervaardig. Dit vertel die verhaal van twee jong Namibiese amns wat niks in gemeen het nie, maar ondanks talle uitdagings verlief raak. Adriano Visagie, een van die akteurs, sê hy voel geërd om deel van die projek te wees en vra Namibiërs om die Namibiese kunste te ondersteun. Die regisseur van Kapana, Philippe Talavera, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.