Namakwaland-munisipaliteite werk hard om vloedskade te herstelJuly 7, 2023
Die Nama-Khoi-munisipaliteit in die Namakwaland-distrik in die Noord-Kaap werk onverpoosd om die skade te herstel wat die onlangse swaar reën en vloede aangerig het. Verlede week se verwoestende oorstromings wat veroorsaak is toe die Buffelsrivier, die Skaaprivier en ander riviere afgekom het, het infrastruktuur vernietig, verskeie gemeenskappe van provinsiale paaie afgesny en tot die dood van vier mense gelei. Die munisipaliteit se woordvoerder, Rodney Kritzinger, sê een persoon word steeds vermis:
Amptenare by Vioolsdrif-grenspos aan die Suid-Afrikaanse kant sê Vyfmylpoort is oop vir klein voertuie maar, die Namibiese Paaie-owerheid maan steeds reisigers om eerder Ariamsvlei te gebruik om Suid-Afrika binne te gaan, alhoewel Noordoewer oop is.