Nama, Ovaherero gaan VN toe, saak nog nooit op meriete aangehoor nie

Nama en Ovaherero tradisionele leiers beplan om die Verenigide Nasies en die Afrika-unie te nader om hulle by te staan in vergoeding vir die 1904-1908 volksmoord. Die aankondiging kom na die Namibiese regering ingestem het op ontwikkelingsbystand van 1,1 miljard euro oor 30 jaar as ‘n vorm van reparasies vir die volksmoord. Die groep het in 2016 ‘n federale hof in New York genader maar, Duitsland geniet immuniteit. Die saak is op appèl deur die land se Hooggeregshof van die hand gewys. Die Ovaherere oopperhoof advokaat Vekuii Rukoro het aan die NBC gesê die saak is nooit op sy meriete aangehoor nie.