Nam vaar uiters sleg in internet-kwaliteit

Die derde internasionale Digital Quality of Life-verslag is bekend en Namibië het nie goed gevaar nie en is 100ste uit 110 lande geplaas. Volgens die navorsing wat 6,9 miljard persone geanaliseer het, is die bekostigbaarheid van die internet 50 persent erger as die wêreldwyde gemiddelde. Dit beteken dat Namibiërs meer as 14 minute moet werk om die goedkoopste data-pakket van 1-gig te kan bekostig, wat vier minute langer is as die internasionale gemiddelde. Terwyl die land redelik goed vaar in die beskikbaarheid van internet, is kubersekuriteit, internet-infrastruktuur en wetgewing in verband met die internet uiters swak. Denemarke het die eerste plek behaal met Suid-Korea in tweede plek. Surfshark het die navorsing gedoen.