Nam-boere kan ook robotika benut

Agri SA se hoof van landelike veiligheid, Kobus Visser, sê Suid-Afrikaanse boere het veld-robotte begin gebruik om aandag te gee aan die uitdagings in boerdery. Dit volg nadat die Robotika in Landbou-verslag deur GlobalData aangedui het dat wêreldwye veld-robotverkope na verwagting teen 2030, 189 miljard Namibiese dollar sal bereik. Die verslag dui aan die landbou-hommeltuigmark sal militêre hommeltuie verbysteek en die grootste segment van die hommeltuigmark word. Visser sê landbou-hommeltuie word vir landelike veiligheid gebruik en om toesig te hou oor oeste. Dr. Theo de Jager, die voorsitter van die Internasionale Boerevergadering en uitvoerende direkteur by SAAI, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Namibiese landbousektor kan dieselfde tegnologie gebruik.