Nakoming van akkerbou-invoere baie goed

Die Namibiese Akkerbouraad sê dat nakoming van regulasies in verband met die invoer van grane en meer was in die 2020-2021 finansiële jaar op 99,2 persent. Die raad het beamptes by die land se grense en het die funksie reeds in April 2020 oorgeneem. Daar is 11 grenskantore met 29 personeellede. Volgens die raad is die hoë nakomingsyfer verblydend veral as gevolg van die gevare wat onwettige invoere vir die plaaslike akkerboubedryf inhou. Parasiete, siektes en meer kan ‘n spesifieke bedryf verwoes en so ook met onwettige invoere van saad en plante.