Nahas sê waarom Namibiërs nie teen omstrede gesondheidstender betoog

Die omstrede gesondheidstender van Amnics Trading van sakeman Shapwa Kanyama bly in die nuus. Ten spyte van die feit dat die President Hage Geingob diep bekommerd is oor die tender vir mediese verskaffing, sê Geingob hy kan nie die tender kanselleer nie. Namibiërs en opposisiepartye het ‘n beroep op Geingob gedoen om die tender van multi-miljoen Namibiese dollar te kanselleer, net soos hy gedoen het met die opknappings-tender van die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in 2015. Namibiërs neem egter nie die reg in eie hande en vaar die strate in met optogte om te eis dat die tender gekanselleer word, soos in ander lande nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige eerste minister Nahas Angula, gepraat waarom Namibiërs nie teen die tender betoog nie.