Nadal speel teen Zverev in eerste ronde van Franse Ope

Tennis: Rafael Nadal is teen die wêreld nommer vier, Alexander Zverev van Duitsland, geloot in ‘n opwindende eerste wedstryd van sy finale Franse Ope. Die Spanjaard het die toernooi ‘n rekord 14 keer gewen, maar is vanjaar ongekeur nadat beserings hom tot 276 op die wêreldranglys laat terugsak het. Hy en Zverev het in 2022 in die halfeindronde ontmoet toe die Duitser moes handdoek ingooi weens ‘n ernstige enkelbesering. Die 27-jarige Zverev het pas die Italiaanse Ope gewen. Die Franse Ope begin Sondag.