Amerika skenk 14 ton kos vir ondervoede kinders

Die gesondheid-ministerie het ‘n skenking van 14 ton gereed-vir-gebruik terapeutiese kos van die Amerikaanse ambassade ontvang. Dit is ‘n gespesialiseerde voedselproduk wat ontwerp is om al die voedingstowwe te voorsien wat ‘n ondervoede persoon benodig. Dit sal help om die lewens van meer as 1 000 Namibiese kinders te red wat aan ernstige akute wanvoeding ly. Die adjunk-gesondheidminister, Esther Muinjangue, het die skenking in ontvangs geneem en sê dit beloop byna ‘n miljoen Namibiese dollar.