Nadal gemaklik deur na ronde 16 van Italiaanse Ope

Tennis: Die tien-malige kampioen, Rafael Nadal, het sy eerste wedstryd in die Italiaanse Ope maklik gewen. Die Spanjaard het die Amerikaner, John Isner, in skoon stelle geklop om ‘n plek in die ronde van 16 te verseker. Nadal het verlede week in die kwarteindronde van die Madridse Ope teen sy jong landgenoot, Carlos Alcaraz, verloor. Hy sê egter sy deelname in Rome kan hom voorberei vir die Franse Ope ná sy rib-besering. Die kleibaan-Grand Slam-toernooi wat hy reeds 13 keer gewen het, begin volgende Sondag in Parys.