N$8m vir herlewing van Kalimbeza

Plaaslike media berig dat die regering 8 miljoen Namibiese dollar aan die beleërde Kalimbeza-rysprojek bewillig het. Die projek, wat baie sukses vol was sedert dit in 2009 amptelike as nasionale projek verklaar is, sukkel die afgelope paar jaar. Daar is geen rys in die afgelope twee jaar aangeplant nie omdat die krag afgeskakel is, salarisse sis nie betaal nie, daar is nie brandstof nie en toerusting is stukkend. Die Engelse dagblad New Era berig dat die adjunk direkteur vir landbou-ingenieurswese Felix Ndimanwene sê die befondsing sal in fases bestee word met die eerste fase waar konsultante ‘n in diepte assessering doen van die hele projek, insluitend die lande, hidrologie en meer. Daarna sal konstruksiewerk en meer uitgevoer word en hopelik sal die projek weer op die been kom.