N$8m aan raadslede betaal by NSFAF

Die finansiële bestuur van die Namibiese Studente Hulpfonds is in die nuus. Die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke het die fonds se sake van 2011 tot 2019 ge-oudit en sê daar is geen finansiële stelsels by die fonds nie. Oor die afgelope 6 jaar het betaling aan raadslede stelselmatig gegroei met net minder as 250 000 doller wat in 2014 uitbetaal is, 1 miljoen in 2015, 2,9 miljoen in 2016, 1,4 miljoen in 2017, net minder as ’n miljoen in 2018 en 1,3 miljoen in 2019. Dit bring die totale fooie vir raadslede tussen 2014 en 2019 tot net minder as 8 miljoen te staan. Daar was ten alle tye net vyf raadslede.