N7 op pad na Vioolsdrif is gesluit, B1 is oop

Die N7 vanaf die Vioolsdrif grenspos is gesluit weens oorstromings. Die B1-roete aan die Namibiese kant is steeds oop. Besoekers aan Namibië word aangeraai om Namibië by die Onseepkans-grenspos via Springbok binne te kom of vanaf Springbok via Pofadder by Ariamsvlei deur te kom. Ariamsvlei is 24-uur oop terwyl Onseepkans teen sononder sluit. Daar was uiters goeie neerslae in die Suide oor die afgelope dae as gevolg van ‘n sterk kouefront wat inbeweeg het.