N$5,7m se dagga in Whk gevind, 5 vas

Die Namibiese polisie het die afgelope tyd groot sukses behaal met dwelm-oortredings en volgens die jongste berigte is vyf mans tans in aanhouding by die Windhoek polisiestasie. Drie is Namibiese burgers met een van Tanzanië en die ander van Zimbabwe. Hulle is gevang met dagga ter waarde van meer as 5,7 miljoen Namibiese dollar. Intussen word daar uit Senegal berig dat owerhede in daardie land vanoggend beslag gelê het op 2 ton suiwer kokaïen op ‘n vragskip. Die operasie is in samewerking met die Franse lugmag uitgevoer. Gambiese owerhede het die week 3 ton kokaïen gekonfiskeer en in Marokko is 335 kilogram ook die week gevind.