N$50m se skenking aan Kuba moet eerder vir voedsel aangewend word

‘n Koalisie van organisasies wat by die verligting van hongersnood betrokke is, eis dat die Suid-Afrikaanse regering se skenking van 50 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Kuba stopgesit word. Die groep sluit in Chefs with Compassion, Foodforward South Africa, Ladies of Love, NOSH Food Rescue en die Angel-network. Die ANC-regering het gesê die skenking aan Kuba is nodig want Amerikaanse sanksies bedreig steeds voedselsekuriteit op die eiland. Die koalisie wil hê die regering moet die geld dadelik heraanwend vir ‘n onmiddellike, onafhanklike ondersoek na die kernoorsake van hongersnood in Suid-Afrika en oplossings daarvoor.