N$50,7m se betalings word in mosiehof gesoek

Daar was 105 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof in die hoofstad. Van dié aansoeke, was 15 reël 108 aansoeke. Regters Harold Geier en Kobus Miller het vanoggend se sessies, waar ‘n totaal van 55 aansoeke deur kommersiële banke gebring is, hanteer. Sewe-en-twintig eiendomme, waarvan twee plase, is opgeëis met uitstaande lenings ter waarde van 41 miljoen Namibiese dollar terwyl 28 lenings onbetaald is en die banke soek 9,7 miljoen dollar. Een voertuig is teruggevra. Daar was ‘n aansoek vir drie plase by Aussenkehr met ‘n eis van 125 miljoen dollar maar die aansoek is eers van die rol verwyder omdat die tweede eis nie ooreenstem met die uitstaande balans wat aangedui is nie. Die adjunk-regterpresident Hosea Angula sal Maandag se sessie, waar 55 onverdedigde egskeidings voorkom, hanteer.