Miljoene se dagga op Nakop-grenspos gekonfiskeer

Die polisie in die Noord-Kaap het beslag gelê op ‘n groot hoeveelhed dagga by die Nakop-grenspos naby die Namibiese grens. Die waarde van die dagga word op drie miljoen Namibiese dollar geraam. Die vragmotorbestuurder wat die dwelms vervoer het, is in hegtenis geneem op aanklagte van dwelmsmokkelary. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Timothy Sam sê daar is die ook 139 verdagtes in die provinsie in hegtenis geneem op verskeie aanklagte. Van die aanklagte sluit in moord, verkragting, veediefstal en die onwettige besit van vuurwapens. Verskeie mense wat onwettig in die land is, is ook in hegtenis geneem.