N$3 miljard son-waterstofprojek vir kus beplan

Inwoners aan die kus het tot 18 Maart om menings te lug oor die ontwikkeling van ‘n 3 miljard Namibiese dollar groen waterstof-projek op Swakopmund. Media aan die kus berig dat die Franse HDF Energy het evaluerings begin vir die vestiging van die projek. Die maatskappy het reeds ‘n Swakopmund-gebaseerde maatskappy Renewstable in die verband gestig. Die omgewings konsultante SLR, wat die opnames namens die maatskappy doen sê dit sal die eerste son-waterstofprojek in Afrika wees en sal Swakopmund en die omliggende gebiede met hernubare energie voorsien. Dit kan ook goedkoper elektrisiteitskostes beteken.