Aborsie kom weer na vore na nog ‘n baba-storting

Gesprekke oor die wettiging van aborsie in Namibië duur nog steeds voort. ‘n Baba-fetus is gister in ‘n rivierbedding in Abraham Mashegostraat in die hoofstad gevind. Baba-storting kom vir jare al redelik gereeld in die land voor en die regering en ander organisasies probeer die probleem oplos. Linda Baumann, ‘n geslagsaktivis is van mening dat wettige en veilige aborsie die enigste manier is om die probleem van baba-storting op te los.