N$2m in kontant gebuit by huis in Noorde

Die Namibiese polisie in die Noorde het bevestig dat ‘n inbraak by die huis van die voormalige media-attaché van die Namibiese ambassade in China, Johannes Nakaambo plaasgevind het. Nakaambo is nou ‘n besigheidsman in die Noorde. Die verdagtes, wat volgens berigte in Covid beskermingstoerusting geklee was het weggekom met 2 miljoen Namibiese dollar in kontant. Volgens owerhede het die insident by Nakaambo se huis by die Omangudu nedersetting in die Oshikoto-streek plaasgevind. Die drie inbrekers het toerusting gebruik om ‘n kluis op die tweede verdieping oop te maak. Die ondersoek duur voort.