N$28,8m vir 45 lenings by mosiehof geëis

Net meer as 28,8 miljoen Namibiese dollar is vanoggend deur kommersiële banke opgeëis in die mosiehof. Regters Esi Schimming Chase en Hannelie Prinsloo het die sessies hanteer. Daar was ‘n totaal van 90 aansoeke met 50 wat deur die banke gebring is. Vyf voertuie moet terugbesorg word met 21 eiendomme met uitstaande skuld van 21,7 miljoen dollar wat teruggevra word. ‘n Totaal van 24 lenings met ‘n uitstaande balans van 7,16 miljoen dollar is nou betaalbaar. Regter Thomas Masuku sal Maandag 59 onverdedigde egskeidings hanteer.