Oud-Air Namibia werkers teken beswaar aan by Meester

Die voormalige werknemers van Air Namibia wat onlangs na die hoofkantoor van die bankrot redery opgeruk het, sê hulle het by die Meester van die Hoërhof beswaar aangeteken na hulle eise afwaarts aangepas is en die kleiner bedrag uitbetaal is. Renier Bougaard, woordvoerder van die groep, het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.