N$14m vir voedselhulp, Karas, Hardap, Erongo en Khomas kry niks

Die Namibiese ministerie van geslagsgelykheid en armoede uitwissing het 14 miljoen Namibiese dollar bewillig aan tien streke in die land, vir voedselhulp aan gemarginaliseerde gemeenskappe. Die tender, wat op 15 Desember toegestaan is aan tien bieërs, is vir hulp vir die derde kwartaal van die 2022-2023 boekjaar. Karas, Hardap, Erongo en Khomas in nie ingesluit in enige hulp nie en het sedert 2021 geen fondse vir voedselhulp ontvang nie. Die ministerie soek mieliemeel, soja, geblikte beesvleis en -vis, boontjies, kookolie, bruin suiker en sout.