N$13m in ‘struggle kids’ se rekening is almal s’n

Reaksie word ontvang op berigte dat die kantoor van die eerste minister blykbaar met die sogenaamde kinders van die vryheidstryd ontmoet om ‘n plan te bewerk oor 13 miljoen Namibiese dollar wat in ‘n rekening in die kantoor onder die kinders se naam is. Die rekening is deur die ouditeur-generaal bekend gemaak. Die oud-ombud advokaat John Walters het in 2021 ‘n hofbevel bekom dat die groep geen voordelige behandeling deur die regering mag kry nie. Dit volg na verskeie betogings op dorpe regoor die land waar die lede van die groep as skoonmakers en meer aangestel is, voor plaaslike inwoners. Walters sê daardie geld moet gedeel word en tot voordeel van almal gebruik word.