Aansoeke vir NHE-huise nou welkom, vyf projekte loop

Die Namibiese Behuisingsonderneming moedig mense aan om aansoek te doen vir een van hulle projekte op Gobabis, Tsandi, Okahao en Ondangwa. Die onderneming is tans besig om bekostigbare huise op die dorpe te bou. Op Gobabis sal 65 huise beskikbaar wees met 33 op Tsandi, 70 op Okahao en 24 op Ondangwa. Die onderneming sê verder dat hy ‘n beroep op inwoners van Windhoek doen om te registreer vir sy program vir die opgradering van informele nedersettings. Belangstellendes, wat ‘n formele huis op hul erf wil bou kan of by die onderneming se kantoor in Katutura of by die munisipaliteit se hoofkantoor registreer. Alleenlik inwoners met vol munisipale dienste kan aansoek doen.