N$1,2m se dagga in hoofstad gevindJuly 17, 2023
‘n 37-jarige Tanzaniese burger wat vir ‘n Suid-Afrikaanse vervoermaatskappy werk, is in die hoofstad aangekeer met 24 kilogram versteekte dagga in sy vragmotor. Die waarde van die dwelms word op 1,2 miljoen Namibiese dollar beraam en volgens Nampol se hoofinspekteur Elifas Kuwinga, is die arrestasie moontlik gemaak deur ‘n wenk van ‘n lid van die publiek.