‘n Vyfde van die bevolking poog om staat tydens Covid te bedrieg…

‘n Opposisiepartye het gereageer op die ouditeur-generaal Junias Kandjeke se skokkende Covid-ouditverslag. Dit onthul hoe Namibiërs gepoog het om die staat te bedrieg. Daar was veral vrae rondom die nood-inkomste toelaag van ‘n eenmalige 750 Namibiese dollar vir mense wat hul inkomste verloor het weens die pandemie. Daar is meer as 515 000 duplikaat SMS’e aangeteken wat vanaf 193 332 Namibiërs ontvang is vir die toelaag, en dit net in die laaste twee weke van April. Die syfers skok omdat dit ‘n vyfde van die land se bevolking beslaan. Die nasionale voorsitter van die IPC-party, Brian Black sê leiers het nie die vermoë of die politieke wil om misdaad aan te spreek nie.