‘n Plek vir elke leerder, of bly stil oor onderwys

Daar is sedert Maandag uitdagings met die plasing van kinders in skole en berigte lui reeds dat kinders weggewys word as registrasiefooie nie betaal kan word nie en ook dat kinders eenvoudig nie plek sal kry nie. In Suid-Afrika, waar skole vandag begin, is daar ook reeds uitdagings met die plasing van kinders by skole. Die buurland se onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê die plasing van alle leerders is noodsaaklik as mense wil praat oor gereedheid op die gebied van basiese onderwys.