‘n Hele aantal internasionale rugbywedstryde die naweek

Al het die Springbokke 27-26 teen Engeland verloor, was dit nie die enigste internasionale wedstryd hierdie naweek nie. Skotland het op Murrayfield met 29-20 met Japan afgereken, terwyl Italië vir Uruguay met 17-10 geklop het. In die Principality Stadion in Cardiff, het Wallis sy wedstryd teen Australië net-net met 29-28 gewen. In Parys het die Franse die All Blacks hul tweede agtereenvolgende nederlaag toegedien en die Nieu-Seelanders met 40-25 gewen. Ierland en Argentinië pak mekaar later vandag in Dublin.