‘n Groot jaar vir SA sewes

Rugby: Dit is ‘n jaar om te onthou vir Suid-Afrikaanse sewes. Die Blitsbokke het Sondagaand op die Statebondspele vir Fidji in die eindstryd geklop en die goue medalje ingepalm. Hulle het ook ‘n klein voorsprong in die wêreldreeks met die laaste ronde wat voorlê. Boonop bied Kaapstad volgende maand die Wêreldbeker-sewestoernooi aan. Die Blitsbok Shaun Williams hoop die span kan voortbou op sy Statebond-welslae.