‘n Dag van rou in Israel

Israel het ‘n dag van nasionale rou afgekondig ná die stormloop Vrydag waarin minstens 45 mense by ‘n ultra-ortodokse Joodse fees dood is. Die feestelike byeenkoms in noord-Israel is in een van die land se ergste tragedies omskep met vier mense wat steeds in ‘n bedenklike toestand is en talle meer wat hospitaalbehandeling ontvang. Sowat 100-duisend aanbidders het glo vanjaar se fees by Berg Meron bygewoon.