N/a’an ku sê stig San-skool

Laerskool N/a’an ku sê buite Windhoek neem graad 0 tot 7 leerders in en plaas besondere klem op ‘n intieme klaskameromgewing. Die skool akkommodeer leerders van die San-gemeenskap sowel as die kinders van die N/a’an ku sê-personeel. Kosmos 94.1 Nuus het met Rudie van Vuuren, van die N/a’an ku sê-stigting, gesels wat sê hulle beplan om nog twee skole te bou om teen 2025 gereed te wees.