Mzansi Jongboere-indaba vind in Soweto plaas

Die Mzansi Jongboere-indaba, wat in Soweto plaasvind, wil meer jongmense na die landbousektor lok. Die tweedaagse geleentheid, gereël deur Food For Mzansi en die landbouvervaardigings-onderneming, John Deere, dien as ‘n platform vir jong boere en landboukundiges om bymekaar te kom, kennis te deel, te netwerk en hul produkte en dienste ten toon te stel. Kagiso Trust se uitvoerende hoof, Mankodi Moitse, sê die indaba poog om die volgende generasie boere te bemagtig en te ondersteun.