Kunsmatige intelligensie ingespan om laaste Beatles-treffer te skep

Die sanger Paul McCartney sê kunsmatige intelligensie word ingespan om ‘n laaste Beatles-treffer te skep. McCartney sê die nuwe tegnologie word gebruik om die ontslape John Lennon se stem uit ‘n ou opname te isoleer, en te verwyder, sodat die lied klaar gemaak kan word om later vanjaar uit te reik. In 1994 het McCartney, Ringo Starr en George Harrisson ‘n ou kasset-opname van Lennon gebruik om twee nuwe liedjies te skep. Danksy die nuwe tegnologie, kan McCartney nog een van sy mede-Beatle se onvoltooide komposisies voltooi.