Mynwese moet aanpas en innoveer om te vorder

Die gewilde Namibiese mynwese-expo is weer gekanselleer. Die geleentheid sou op 1 en 2 September plaasgevind het maar net die konferensie sal virtueel op 1 September gehou word. Die expo is belangrik vir beleggings en die bekendstelling van nuwe tegnologie en volgens die plaaslike ekonoom Jason Kasuto sal die industrie, sowel as talle ander sektore, nuwe maniere moet vind om vordering te maak.