Mynwerkersunie stel meer voordele vir lede in

Die Mynwerkersunie het ‘n onderwys- en klein-en-medium-ondernemings fonds ingestel, sowel as wetlike beskerming vir sy huidige en voormalige lede en hul afhanklikes. Die vakbond sal die nuwe voordele finansier deur die Namibia Miners Investment Trust, wat aandele in sowat 20 maatskappye besit. Die vakbond se president, Ismael Kasuto, sê die voordele sal nie lei tot ‘n verhoging in ledegeld nie, want die inisiatief sal staatmaak op dividende wat deur die trust betaal word. Kasuto het die aankondiging gedoen op ‘n perskonferensie, en Kosmos 94.1 Nuus was daar.